Besoek Landbou.com om die twee wenners se video’s te kyk.
EEN is ’n bloedjong skaapboertjie uit eie reg; die ander een ’n tiener-hoenderboer wat ook ’n passie het vir Boerbokke.
Nog voor vandag het hulle klaar baie in gemeen gehad: Albei is gek oor die plaaslewe, hulle wil nét boer en albei is toevallig van die Wes-Kaap.
En nou voeg Hendrik Lötter (5) van Caledon en Hendré Walters (17) van Malmesbury nog iets by dié lysie: Die twee is pas as Landbouweekblad en Huisgenoot se twee Junior Boertjies aangewys.
Inskrywings vir ons Junior Boertjiekompetisie het vroeër van reg oor die land ingestroom – en glo ons maar, die kompetisie was straf.
Ons 10 finaliste is in April bekendgemaak,