My ma is besig om al hoe dieper in die“Groot Vergeet”in te verdwyn. Elke keer as ek haar sien, besef ek dat daar ’n dag sal kom wanneer sy niks meer sal onthou nie.
‘n Dag wat ek maar net nóg ’n mens sal wees, en nie haar jongste seun nie. Ek sidder om daaraan te dink.
En hoe meer my ma vergeet, hoe meer probeer ek onthou. Of, anders gestel, ek probeer oomblikke in herinnering roep van die dae toe my ma nog die matriarg van ons gesin was.