TOE Thabo Bester hoor waarom ons voor sy deur staan, glimlag hy effens en nooi ons binne. Hy leef al lank met die agterdog en geskinder van die gemeenskap saam. Maar om weg te hardloop is g’n opsie nie; daarom sal hy openhartig met ons gesels.
Want sy naam is sy naam, en aan ’n naam kan ’n mens soms swaar dra. Selfs al het jy niks verkeerds gedoen nie en is jóú naam eintlik skoon.
Want hy is nie dáái Thabo Bester wat vir moord en verkragting opgesluit was nie. Hy het ook nie die owerhede laat glo hy het in sy sel doodgebrand en uit ’n tronksel ontsnap nie. Hy is ook nie die Thabo