Huisgenoot

JACK OP SY EENTJIE

MET sy ondeunde glimlag, daardie aweregse sjarme en sy vermoë om enige rol vir ’n ses te slaan, was hy dekades lank ’n gróte in die bedryf.

Jack Nicholson was nie net een van die beste akteurs van sy generasie nie – hy was ook ’n Hollywood-hartebreker soos min.

Toe, nadat hy jare lank gereeld in die nuus was, word die akteur so te sê ’n kluisenaar. Hy is ’n dekade lank selde gesien.

En toe hy dus onlangs weer afgeneem is, is daar behoorlik gegons.

Op ’n foto wat geneem is van Jack, nou 86, op die balkon van sy huis in Beverly Hills, lyk hy heel anders as in sy dae as silwerdoekster.

Sy hare staan woes, sy gesig is ongeskeer en sy klere gekreukel – meer soos dié van ’n slonskous as ’n ikoon met $400 miljoen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related