Kuier

THEO EN TAMMY SKOP NES IN KAAP

Twintig jaar lank was hy dolgelukkig in die Goudstad, hard besig om te skaaf aan Theodore Jantjies, die akteur. Laas jaar het Theo (39), soos hy alombekend staan, sy slag as TV-aanbieder gewys en die plaaspaaie aangedurf in Landbouweekliks se bakkie op VIA (DStvkanaal 147).

Op haar beurt het sy lewensmaat, Tammy (35), die leer Op haar beurt het sy lewensmaat, Tammy (35), die leer met alle mag in die regswêreld in die Hoëveld geklim, waar sy sewe jaar gelede by hom aangesluit het. Toe bring die afskop van 2018 vir hulle 'n seunskind, en einde Desember 2019 sweer hulle vir ewig trou.

Die lewe was 'n lied vir go-getters Theo en Tammy Jantjies. Maar toe slaan Covid-19 toe en bring daarmee saam nuwe perspektief: die lewe is te kort om so ver van jou hartsmense te wees. Hul seuntjie, Shiloh, moet sy nefies en niggies ken en meer tyd spandeer met sy grootouers. Veral ook sy oumagrootjie, terwyl sy nog daar op Theo se geboortedorp, Heidelberg (in die Wes-Kaap) woon.

Dit was ook nie net 'n geval van“vat jou goed en trek”nie. Hulle het eers hul wense in God se oor gefluister. En daar loop haal die suidooster hulle toe so wrintiewaar in Gauteng en waai vir Theo sommer reguit“Ruiterbosch”toe!

Theo het pas sy verskyning gemaak as Aiden Booysen, die sjarmante nuwe apteker in , wat Gauteng verruil het om by AB Samsodien (Cedwyn Joel)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst

Related