Huisgenoot

SIMONÉ IN HAAR GROOTSTE ROL NÓG

TOE Mamma haar naam op sosiale media bekendmaak, het sy dit gedoen in ’n video wat haar ongebore dogtertjie se naam in liggies uitspel.

Haar ma het haar swangerskapsreis ook met foto’s van haar groeiende babamagie op Instagram gedeel, en daar vertel van die watergeboorte.

En hier is sy nou self voor die kameras: klein Harper Pretorius, selfs ouliker en mooier as wat ma Simoné se aanhangers sou kon droom.

En klaarblyklik nes haar ma bestem om met vasbeslote selfvertroue haar plek in die lewe in te neem.

Sy is nege maande oud, het vyf tandjies, kyk jou reguit in die oë en glimlag dierbaar wanneer die kamera klik.

Sussie is vasberade om elke mylpaal sommer gou te haal. Op vyf maande wou sy reeds haar eie bottel vashou, vertel Simoné, en “toe ons wegkyk, het sy begin kruip”.

Sy trek haar reeds teen alles op – ek wil staan, Mamma! – en haar eerste tree lê om die draai.

“Ek kan nie meer byhou nie, sy groei heeltemal te vinnig, en sy is baie vasberade. Ek sien daardie eienskap reeds in haar,”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Beer Adriaanse
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe ek tweedejaar en 20 was. Ek het ’n afro gehad, was sorgeloos en die wêreld was eenvoudig. Waaroor is jy spyt? Oor die kere in my lewe waar ek nie myself was nie of oneerlik met myself was. Hoe sal die me
Huisgenoot2 min read
Majozi
As tjokker in Durban het musiek ’n groot impak op sy lewe gehad. “My ouers was lief daarvoor om na klassieke en gospelmusiek te luister. Ek was self ook mal oor kinderrympies,” sê Majozi (36), bekend vir sy treffers “Fire”, “Darling” en “Mi Amor” saa
Huisgenoot1 min read
Foto Van Die Week
HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS ■

Related