Avontuur Afrika

Leeu-plesier in die wilde kalahari

Ek het vir ‘n baie groot deel van my lewe in Bloemfontein gewoon. My passie vir alles met betrekking tot veldry is aangevuur deur die liefde om veldfietse te ry. Ek en my beste vriend het menige naweke en skoolvakansies op die fiets wat sy pa vir ons gebou het spandeer. Ons het geleer hoe om dit reg te maak en te diens en hoe om dit behoorlik te ry. Soos dinge gaan, het die lewe gebeur en hy en sy gesin het na Pretoria verhuis en ons het nie in kontak gebly nie. Daardie passie wat ons gedeel het, het egter nooit verdwyn nie. Ons het jare later weer kontak gemaak toe ek my nasionale diensplig in Pretoria gedoen het, maar hy is ongelukkig oorlede na ‘n ernstige motorfietsongeluk.

Baie jare later het ek ‘n werksverhouding met die plaaslike BMW-handelaar aangeknoop en aangesien hierdie Duitse handelsmerk destyds ook die Land Rover handelsmerk besit het, is ek gevra om ‘n 90 Defender na ‘n boeredag in Wesselsbron, van alle plekke, te ry. My liefde vir 4x4 is daardie dag amptelik gebore! Dit was eenvoudig iets waarby ek móés betrokke raak. Destyds was die Continental Offroad Academy wat onder die leiding van die 4x4-legende, Von Krause, begin is nog operasioneel en ek het die plaaslike instrukteur genader. Oom Jannie du Plessis was ‘n legende in eie reg

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika6 min read
Europa Op ‘N Ander Manier
In die loop van 35 dae het ons 13 grense oorgesteek en ‘n indrukwekkende 27 523km afgelê (net minder as 6 175km daarvan in ons betroubare, gehuurde kampeerwa). Ons reis het egter nie oor die afstand gegaan nie, maar oor die herinneringe wat gemaak is
Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related