Kaalvoet deur die kgalagadi
As ’n mens eers een keer die Kgalagadi se rooi sand tussen jou tone gevoel het, ontwikkel ’n hunkering in jou wat aan jou bly kleef en karring. Jy weet jy moét net terugkeer na hierdie wêreld. Ook met my en my man, Joop, was dit die geval. In September was dit drie jaar gelede dat ons die kans gekry het om terug te gaan.
Ons ontmoet ons vriende Johan en Lynette Morkel by ’n vulstasie op Vryburg. Hulle seun Lewellyn en dié se beste vriend, Willie Smit, reis saam, en ons is almal ewe opgewonde oor die toer wat voorlê. Ons plan is om vir tien dae te reis, en een van die hoogtepunte op ons toer is die Polentswa-4x4-roete.
Vóór ons vertrek maak ons padkos en ’n fles koffie, terwyl ons sommer ook die tweerigting radio’s toets. Ons het nou al geleer op só ’n toer is kommunikasie van die allergrootste belang.
Joop was in sy weermagdae laas by Van Zylsrus, en daarom besluit ons om deur dié besonderse dorpie op die oewer van die droë Kurumanrivier te ry op pad Kgalagadi toe. Die pad is lank en sinkplaat gery,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days