Avontuur Afrika

Valle, voëls en bome IN ZIM

“Hoekom ry jy nie bietjie deur Zim vir ‘n slag nie – wie weet, dalk is die een massiewe avontuur?”

Drie weke voordat die wêreld gevonnis is en onder huisarres geplaas is, kry ons die nuus dat Zimbabwe ‘n besonderse reënseisoen ervaar het en dat die Zambezi die hoogste watervlakke in die afgelope dekade bereik het. Dit beteken dus dat die Victoria Valle se water tot bo 4 289m³ per sekonde gestyg het. Nou kyk, as jou maatstaf vir die beste watervalle verband hou met die val se snelheid en volume, dink jy nie eens daaraan om hierdie seldsame gesig mis te loop nie.

Met dié dat die maklikste roete Valle toe Noord tot by Kasane in Botswana was, het ons aanvanklik nie eens daaraan gedink om deur Zim te toer nie. Gelukkig fluister daardie ietwat hardkoppige (my vrou sal sê mal) stemmetjie vanuit diep in my Afrika-hart: “Hoekom ry jy nie bietjie deur Zim vir ‘n slag nie – wie weet, dalk is die een massiewe avontuur?”

Die Britse draaiboekskrywer Robert Holmes het eenkeer gesê dat die korste roete nie altyd die vinnigste is nie en dit – in ons ervaring – is beslis die geval as dit kom by die Beitbrug grenspos. Volgens berigte is dit die besigste grenspos in Afrika en alhoewel daar landreisgers is wat moeiteloos hier deurgaan,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika2 min read
Wenke Om KBV’s Te Onderskei
Maak ‘n kortlys van ‘n paar spesies, gebaseer op watter deel van die land jy jouself bevind. Bekyk die area goed vir tipiese habitatte soos ‘n rietbedding, vleilande of ‘n stofpad in die dorre Karoo en bestudeer dan die verspreidingskaarte in jou voë

Related