O m na die manjifieke Kgalagadi-oorgrenspark te reis, is altyd ‘n avontuur en ‘n wonderlike voorreg. Die opgewondenheid in die huis was dus tasbaar toe ons ‘n bespreking bevestig het. Ek is gek oor die sogenaamde countdown na ‘n avontuur en geniet dit om al my toerusting na te gaan om seker te maak dat alles klopdisselboom sal gaan wanneer ons die pad vat.
Die oomblik as jy verby Kimberley tot