Avontuur Afrika

Leef in die oomblik

Ons reis, wat net as ‘n volslae sukses beskryf kan word, het by die Woodlands Stop Over and Lodge naby Francistown in Botswana afgeskop. Dis waar ons bymekaargekom het vir ‘n inligtingsessie oor die program vir die volgende paar dae en wat ons alles te wagte kon wees.

Die paaie en toestande op pad na die bekende Mana Poele in Zimbabwe is nie die beste nie en jy moet omtrent hare op jou tande hê – geduld en waaksaamheid is die sleutel. Jy kan nie vir ‘n sekonde konsentrasie verloor nie, want die smal pad is met slaggate besaai en dan moet jy nog op die uitkyk wees vir bokke en vragmotors óók! Laasgenoemde probeer van die verbrokkelende rand van die teerpad wegbly, wat beteken dat daar min of selfs geen plek is om hulle verby te steek nie – glad nie ideaal as jy ‘n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika5 min read
In Die Nuus
Die eerste fase van ‘n projek om die toekoms van wilde aasvoëlbevolkings in Suider-Afrika te verseker, is suksesvol voltooi nadat 160 Krans-en Witrugaasvoëls by hul nuwe tuiste by Shamwari Privaat Wildreservaat gevestig is. Hierdie vorm deel van ‘n p

Related Books & Audiobooks