Avontuur Afrika

Die wildernis roep!

Ons sit geluksalig en droomverlore en uittuur oor die Okavanga Delta-kanaal toe ‘n seekoei uit die water opstaan en rustig op die oewer begin wei… Vir die hoeveelste maal die afgelope week of wat besef ons hoe uiters geseënd ons is om hierdie stukkie ongerepte paradys te kan geniet.

Hierdie was die einde van ‘n ongelooflik spesiale avontuur en die gedagte om hierdie byna surrealitiese kalmte op die water rondom Third Bridge-kamp binnekort te moet verruil vir ons besige lewens in Jozi het ons sommer omgekrap. Tydens hierdie 12-dae lange avontuur het ons besef waarom soveel mense duisende rande spandeer op voertuie en toerusting vir landreise – daar is eenvoudig geen ander manier om alles wat mooi in Afrika is te geniet nie! En gepraat van spesiaal in Afrika – op die kort stappie terug kamp toe na die bootrit, loop ons toe sommer ook ‘n olifant en haar kalf raak, besig om slegs ‘n paar meter van ons af te wei!

Hierdie Okavango Delta-avontuur het reeds meer as twee jaar gelede sy oorsprong gehad, toe ek aanlyn navorsing gedoen het oor watter 4x4 om te koop. Op een van die aanlynforums het ek die die eienaar van Ultimate Adventures, Simon Steadman, “ontmoet”. Die aanlyn gemeenskap het met groot lof van hom en sy toere gepraat en net daar het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika1 min read
Avontuur Afrika
Uitgewer: Anton Willemse Redakteur: Liana Reiners Hoof van ontwerp: Simone Anderson Redaksionele konsultant: Louis Krouwkamp Verkope: Anton Willemse Tony Yeo Medewerkers: Andy Wassung Bernard Hellberg Jr Grahame McLeod Henk Bogaards Mel Tripp Nolene
Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou

Related Books & Audiobooks