Avontuur Afrika

Mosambiekse betowering duur voort

Die pad tot by Massingir Dam, die eerste bestemming op ons bos-tot-strand Desember-wegbreek, was propvol avontuur! Heel toevallig het ons lang dele van die roete soos op The Grand Tour bestuur deur die Top Gear trio Jeremy Clarkson, James May en Richard Hammond, raak gery. Sal ons hierdie keer op spoor bly of onsself weer (heel toevallig natuurlik!) op interessante en haas onbegaanbare agterpaadjies bevind?

Tot dusver het dit geblyk dat ons iets gedoen het om die visvang gode om te krap, want ons pogings op die skouspelagtige Massingir-dam was, om dit lig te stel, pateties! Dit ten spyte van uitstekende raad van die mense by Covane Community Lodge en top-klas hengeltoerusting danksy Iron River. Tog was daardie eerste paar dae hemels, danksy die spesiale herinneringe wat gedurende baie ure op die vissersboot gemaak is en laataand-geselsies rondom ‘n gesellige kampvuur. Dís mos Afrika op sy beste! Ons was egter steeds opgewonde om die lang ooswaartse tog na Mosambiek se welige subtropiese kuslyn aan te pak, in die hoop dat die tweede been se beplande diepseeen kushengelsessies in Xai-Xai beter resultate sou oplewer.

Hierdie been van die reis het dan ook met ‘n klein avontuurtjie van sy eie begin. Ons drie-motor “Grand Tour”-konvooi het skaars die veilige hawe van Covane verlaat, toe ons nuus kry dat swaar reën die grondpad in ‘n modderige gemors omskep het. Wat vir baie ander ‘n uitdaging sou wees, was vir ons ‘n uitnodiging om ons trio bekwame Toyotas behoorlik te toets! Dís mos waarvoor hulle gebou is!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika2 min read
Wenke Om KBV’s Te Onderskei
Maak ‘n kortlys van ‘n paar spesies, gebaseer op watter deel van die land jy jouself bevind. Bekyk die area goed vir tipiese habitatte soos ‘n rietbedding, vleilande of ‘n stofpad in die dorre Karoo en bestudeer dan die verspreidingskaarte in jou voë

Related