Landbouweekblad

OUTENTIEKE REUS VAN SPOT

Ná 48 jaar as Landbouweekblad se geliefde spotprenttekenaar het Fred Mouton (74) se verfkwas finaal stil geraak toe hy op 4 Mei sy jare lange stryd teen kanker in die Mediclinic Louis Leipoldt, Bellville, verloor het.

Fred was ’n besonderse mens met ’n besonderse talent as kunstenaar en een van daardie mense wat ’n mens werklik as onmisbaar kan beskryf, sê Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad.

“Jy kan die redakteur van ’n tydskrif vervang, maar nie iemand soos Fred nie.”

Fred het in 1974 by T.O. Honiball as spotprenttekenaar oorgeneem. Soos T.O. het Fred ook aanvanklik bekendheid verwerf vir sy politieke spotprente in veral Die Burger. Hy het tegniese tekeninge aan die voormalige Kaapse Technikon bestudeer, maar het ook talle illustrasies vir storieboeke en realistiese tekeninge gedoen.

Burgess beskryf Fred as ’n unieke mens wat nie net briljant was in sy werk nie, maar ook ure lank as ’n kok van formaat oor braaivleisgeregte kon gesels, braai en ’n glasie whisky

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related