Landbouweekblad

STERK KOEI AGTER ELKE SUKSESVOLLE BUL

Sy nageslag sal nie noodwendig soos die bul lyk nie, maar eerder soos sy ma. As ’n teler ’n sterk bul uit ’n sterk koeilyn in ’n ander voortreflike koeilyn gebruik, versterk dit sy kans om ’n baie sterker nageslag te teel.

Só sê die 38-jarige mnr. Gert Nienaber, teler van die huidige Simmentaler-wêreldkampioen. Hy en sy pa, Peet (71), besit die PJ Nienaber-boerdery en Leeupoort Simmentaler-stoetery op die plaas Rhenosterfontein by Rustenburg. Buiten die Simmentalers boer hulle met kommersiële beeste en Kalahari Red-bokke.

Nienaber teel verskillende lyne Simmentalers. Die Z-lyn en L-lyn kom albei uit die voortreflike koei Labe, wat verantwoordelik was vir twee baie sterk lyne in die Leeupoort-kudde.

Die Z-lyn is gevestig deur die bul Zagreb, waaruit verskeie afstammelinge gevolg het met name wat met ’n Z begin. Een hiervan is die huidige wêreldkampioen-Simmentaler, Leeupoort Zarlo.

In 2017 het Nienaber met Laban (Labe se kleinseun) begin skou. Sy beste afstammelinge se name begin almal met ’n L.

Uit Leeupoort Betsie se dogters het hy die B-lyn gevestig.

Sy nuutste lyn is die P-lyn wat uit Phelps gevestig is. Twee van sy bekendste bulkalwers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related Books & Audiobooks