Landbouweekblad

Sukses geskoei op aanpasbaarheid

Die kommersiële beginsels waarvolgens mnr. Mornay Verster sy stoetery bedryf, laat staan telers tou vir sy Brangusse – bulle sonder ’n greintjie verbloemvet en veldaangepaste koeie wat min onderhoud verg.

Verster, een van die land se voorste Brangustelers, bedryf sy boerdery op twee plase, Brandsdrift en Eastry, in die distrik Tweespruit. Met sy een voet in Afrika en die ander in Frankryk met ’n uitgebreide onderneming, kry hy dit reg om sy stoetery van krag tot krag te laat gaan, met kopers van alle uithoeke van die land en selfs Namibië wat Le Roc Brangus se geharde diere verkies.

Op Eastry is ’n moderne en gerieflike veilingskompleks waar sy jaarlikse produksieveilings in Oktober gehou word.

Vanjaar, met die milde reën wat in die nasomer oor groot dele van die Vrystaat geval het, is ’n veiling ook in Februarie gehou wat goed ondersteun is.

Op hierdie veiling het hy al produserende koeie van agt tot tien jaar oud verkoop.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred

Related