EK KON HAAR NIE MEER 100% GEE
Feb 11, 2022
5 minutes
Deur JANA VAN DER MERWE
Foto’s:
JACOB MORAKE
SY TOEKOMS het daardie dag nog blink voor hom uitgestrek. Die jong rugbyspeler JP Mostert en sy verloofde was besig om hul buitelugtroue te beplan. Hy het hom deeltyds as elektrisiën begin bekwaam, en moontlikhede het gewink om sy rugbyloopbaan oorsee voort te sit.
Maar toe laat ’n motorongeluk op ’n stowwerige plaaspad al sy toekomsdrome aan skerwe spat.
Al het dit hom met ’n verlamde onderlyf gelaat, het die eens fikse en forse rugbyspeler bly oefen en bly hoop dat hy weer sal loop – en op ’n mooi dag saam met sy bruid voor die kansel sal staan.
Zandré van der Walt (31), die pragtige laerskoolonderwyseres op wie hy sy hart verloor het, is vandag aan sy sy,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days