Huisgenoot

GEREED VIR ONS GROOTSTE ROLLE NOG

MET SY baard, breë glimlag en vonkelende oë het hy vroue reg oor die land laat swymel in die rol wat hom alombekend gemaak het. Die rol van die boerseun Hugo Derks in Huisgenoot se fliek Vergeet my nie was gemáák vir die akteur Sean-Marco Vorster. Maar nou staan hy reg vir die grootste rol van sy lewe – dié van pa.

Hy droom al van kleins af hieroor, vertel ’n stralende Sean-Marco (29) vandag. ’n Klein mensie wat hom naboots en mettertyd sy of haar eie persoonlikheid sal kry. Iemand wat kan groot droom en, nes hy as kind, kaalvoet in die modder sal kan baljaar.

“Ek wou nog altyd ’n pa wees, en ek het my altyd verbeel ek gaan ’n dogtertjie-pa wees, en kyk nou net … Ons verwag ’n dogtertjie!” verklap die akteur en glimlag vir sy verloofde, die Legacy-aktrise Jay Anstey (30).

Toe hulle se fotosessie saam onder die bloeisels van ’n honderd jaar oue pruimboom poseer, sukkel die verliefde paartjie om hul hande van mekaar af te hou – die aantreklike akteur en sy pragtige donkerkopnooi, nou in die derde trimester van haar swangerskap.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related