Ek hou van die winter. Hoe kouer en natter dit is, hoe lekkerder bondel ek in my kokon van warm drankies, Brontë-boeke en Harry Potter-flieks. Sedert Covid-19 die meeste mense se sosiale uitstappies gekanselleer het, voel my eenvroukluisenaarspartytjie glad nie vreemd nie.
Die winter herinner my altyd aan Mrs Crossman, my Engelse juffrou op hoërskool, se lesse oor Shakespeare se . Dié tragiese verhaal van ’n magsugtige generaal is van die begin af reeds taamlik droewig, en sy sou dit by