Weg!

Klein-Swartberg se sprokiesland

Ek is gek oor verrassings en voel opgewonde toe ons uit Kaapstad ry. My stapmaat Shaen Adey en nog ’n paar vriende het ’n (laat!) verjaardag-avontuur vir my 60ste in gedagte. Ek weet nie waarheen ons op pad is nie, net dat dit berge behels. By Worcester verlaat ons die N1 vir die R60, wat naderhand die R62 word soos ons die Klein-Karoo binnery. En toe ons in die rigting van die onmiskenbare Towerkop draai, kan ek nie help om te wonder of my jonger vriende dan nou al meer kinds is as ek nie.

Net ’n bietjie meer as ’n dekade gelede was ek saam met die Mountain Club of South Africa in dié gebied om die 125ste bestaansjaar van ons land se eerste opgetekende rotsklimroete te vier. Tydens daardie uitstappie het ek Towerkop ’n hele paar keer uitgeklim en daarna al op die berg se kam langs tot by Seweweekspoortpiek – die hoogste spits in die Wes-Kaap – gestap en op pad soontoe ook ’n paar ander pieke afgemerk. Dit slaan my dronk dat hulle nie weet dat ek Towerkop reeds báie goed ken nie – watter ander roetes is hier nóg om te stap?

Dis al byna donker toe ons by die Towerkop-roete se beginpunt op die plaas Bo-Buffelskloof aankom en hulle die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related