Weg!

Doer bo in die dun lug

Ons avontuur begin in ’n ou Land Cruiser wat my en my stapmaats van die Witsieshoek Mountain Lodge sowat 8 km bergop neem tot waar die staproete by die Sentinelpiek-parkeerplek begin. Die pad is sleg en ons bons rond. Dis wel steeds beter as om jou eie motor vir bykans ’n week in die berge te laat staan. By die parkeerplek handel ons die nodige papierwerk by die veldwagterskantoor af, kry ons rugsakke uit die Cruiser en vat die pad.

Saam met my is my meisie, Ashleigh Baker, die fotograaf Andrew Dunkin en sy vrou, Anje, die veldloper Taryn McLintock en Gustav Greffrath van Itchyfeet SA as gids. Gustav het vir Anton Granger, een van sy studentgidse, saamgebring sodat dié sy praktiese “eksamen” kan doen, sowel as ’n portier, Sgu Sithole, en Godfrey Tshuma, wat as gids opgelei word. Dis lekker om vir ’n verandering “op vakansie” te wees en nie ’n groep te lei nie. Hier gaat ons!

DAG 1 7 KM

Sentinelpiek-parkeerplek na Bilanjil-waterval

Ons begin ’n aks bo 2500 m bo seevlak stap en ek voel dit dadelik: Die koue berglug brand met elke asemteug deur my bors en dit vat ’n tydjie om ’n ritme te vind.

My oë volg die voetpad deur ’n groen grastapisserie tot waar dit om die voetenent van Sentinelpiek buite sig krul. Na regs vertak die Noordelike Drakensberg se sonverligte uitlopers; tussendeur slenk donker klowe weg in ’n vallei, met doer in die verte die Fika-Patsodam.

Die paadjie begin sigsag en die helling is dadelik skerper. Ons marsjeer met mening voort totdat Gustav

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related