Vuurdoop in die Drakensberg
Sep 16, 2019
4 minutes
Behalwe vir ’n dagstap of twee staan daar nie veel op my en my vriend Christiaan Luus se stap-CV’s nie. Maar ons was lus vir ’n avontuur.
Ons het nie veel gedink oor watter veeldagroete om eerste aan te pak nie.
Die aangewese roete vir twee vreeslose jong mans was uiteraard die hoogste berg in die land: die Mafadi-spits (3 450 m) in die Sentraal-Drakensberg.
Met ’n bietjie raap en skraap kry ons die nodige toerusting in die hande – dis ’n wildernisstaproete en jy dra alles wat jy nodig het saam, ook ’n tent en matras. Nadat ons ’n kaart bekyk en opleeswerk op die internet gedoen het, voel ons ons is gereed
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days