Landbouweekblad

In die voetspore van George Stow

Vir die 77-jarige mnr. Vic Biggs het sy lewenslange passie vir rotskuns begin toe hy as elfjarige seun ’n paneel met tekeninge op die plaas Gaikaford langs die Groot-Keirivier ontdek het. Hier op die oewer van een van die Oos-Kaap se groot grensriviere – waar daar in die 19de eeue talle gevegte tussen die Engelse en die Xhosas was – is waar Biggs se oupa, mnr. Robert Acton, hom grootgemaak het ná die skielike dood van sy pa, Groot Willie Biggs.

Aangevuur deur die stories oor sy legendariese oupagrootjie mnr. Francis Acton het Biggs die geskiedenis van sy familie ingedrink, asook van dié afgesonderde gebied wat hulle hul tuiste genoem het.

Daar word byvoorbeeld vertel dat Francis in die laat 1800’s handel gedryf het op die oostelike oewer van die Groot-Keirivier in wat toe Fingoland was, en dat hy man teen man teen Xhosakrygers geveg het. Robert het die Acton-tradisie van handel dryf tot in vroeë 1900’s voortgesit, en mettertyd die plaas Gaikaford op die westelike oewer van die Keirivier

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Troef Die Koue Met ’n Pot Kerrie
Dié vullende kasserol is heerlik en smulsag. ■ 1,4 kg beesskenkelskywe■ Sout en varsgemaalde swartpeper■ 5 ml geroosterde kerriepoeier■ 1 knoffelbol, gehalveer■ 2 uie, in wiggies gesny Marinade ■ 250 ml sterk, koue rooibostee■ 60 ml worcestersous■ 1
Landbouweekblad3 min read
‘Jy Moet Iemand In Die Oë Kyk’
Vrystaat Landbou het in 1904 ontstaan en julle het die 120-jarige bestaan in Maart 2024 gevier. Watter ooreenkomste sien jy tussen die kwessies wat boere 120 jaar gelede moes trotseer en vandag? Elke tydperk het verskillende probleme gehad. Die boere
Landbouweekblad9 min read
Die Laaste Rit
Omstreeks 07:00 op Maandag 19 Februarie vanjaar klim die Zimbabwiese aktivis Ben Freeth vir die laaste keer op sy sterk Namibiese plaasperd Johnny. Voor hy sy voet in die stiebeuel sit, mompel hy sag: “Oukei, Johnny, oukei . . .” Die twee het ’n lang

Related