Op sleeptou deur Slowenië
Slowenië – ’n woudagtige popspeelland in die hoek van ou Oos-Europa. Eksoties, nuut en gewis ook ’n toets vir ’n fietsryer. Asof dit nie genoeg bulte vir my kuite was nie, wou ek dit boonop solo aanpak. Vrou-alleen, met net my tent en slaapsak agterop my bergfiets gelaai. Plus ’n GPS-roete, wat dalkbestaande paadjies deur die woude kan volg.
Mense vra altyd waarom ek vrou-alleen ’n fietstoer in die vreemde wil aanpak. Die antwoord is maklik. Vandat ek my eerste toer in Skandinawië gaan doen het, van Swede se ooskus na Noorweë se weste, het die gogga gebyt. Behoorlik. Dis daardie gevoel van absolute vryheid wat jy op die stil plattelandse paadjies kry. Net jy, jou fiets en jou toerusting vir vanaand se veldkamp. Met geen sorge of gedagtes aan die huis of kantoor om aan te dink nie.
Slowenië? Wel, dit was ’n ander saak. Swede en Noorweë was beskaafd. Maklik en ordelik. Als is goed ingerig, en jy volg eintlik maar net die gemerkte paadjies. Komende van geduldig-in-die-ry-staan-Engeland het Slowenië ’n uitdaging voorspel. In terrein en kultuur. Maar dan het die GPS-sirkelroete wat ek op ’n webwerf gevind het, dinge ook ’n bietjie makliker gemaak. Dit was ’n toerfietsroete, met oppervlakke wat gewissel het van maklike teerpaaie en breë grondpaaie deur woude tot ’n paar uitdagende enkelspoorpaadjies. Wat kan verkeerd loop? Al wat ek nog moes doen, was om die vlugte te bespreek.
Die plan was om die logistiek so eenvoudig moontlik te hou: Laai die fiets in ’n fietssak, neem die res (tent, slaapsak, klere) as handbagasie, en bespreek ’n AirBnB net buite die Sloweense hoofstad, Ljubljana, vir die eerste en laaste aand. Dié “toebroodjie” van goeie reëlings weerskante van ’n tien dag lange avontuur sou ’n minder senutergende wegspring vir my toer verseker, en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days