Weg!

Kus en keur!

Amanzimtoti

Ek hou van die klimaat op Amanzimtoti. Ons het nie regtig winters nie en die strand is altyd daar, gratis om te geniet.

Ons gesin – my vrou, Karmen, en ons drie kinders, Liam (10), Zoe (8) en Caleb (7) – is mal oor Baggies Beach, oftewel Warner Beach se swemstrand. Die seeswembad (foto bo) is ideaal vir kinders. Ek kan ook op die strand stap met Max, my staffie. Dis ook my gunstelingplek naby my huis om met my drone fotors te neem.

Ek het al só baie in hierdie swembad geswem, maar was verras om te sien hoe dit van bo lyk.

Die foto is met my ou DJI Mavic Pro geneem, maar ek het onlangs die nuwer DJI Mavic Air 2 gekoop en geniet dit baie. Wind bly die grootste uitdaging vir my wanneer dit kom bydrone-fotografie. Dit is nou maar ons kuslyn se swak punt. Hy waai gerééld!

As jy hier bly, swem jy nie sommer in die see in die winter nie – ons los daai vir die binnelanders! Die water is te koud in die winter. Ons is mos heeljaar hier en kan dus wag vir die water om warm te wees. Haaie? Nee, ek is nie bang vir hulle nie. Ek dink jyrt rn groter kans om die Lotto te wen as om deur rn haai aangeval te word!

Ek het in KZN grootgeword en bly vir die grootste gedeelte van my lewe hier. In 2005 is ek Pretoria toe vir nege jaar, maar het teruggetrek met die eerste geleentheid. Dit sal maar altyd my tuiste wees. Dis rn dorpie wat diep spore trap in jou lewe.

Ek is die bestuurder by Umbogintwini Riggers op rToti. Dis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg3 min read
Voëls
Kan jy nog onthou watter items jy inderhaas in daardie dae voor die Covid-19-grendeltyd aangekoop het? Wyn? Sjokolade? Toiletpapier? Ek het meelwurms loop koop – houers en houers vol wriemelende kewerlarwes. Siende ek nie meer sou kon rondry om voëls

Related