Rapport

Nooit, ooit net ’n slagoffer nie

Die seun is 16. Hy sit in sy oom se huis in Nairobi, Kenia. Twee jaar reeds is hy weg van sy ma in Djoeba, Suid-Soedan. Regeringsoldate het hom gevang en in die berugte White House-tronk gegooi. Om die martelsessies te ontkom, het hy ingestem om ’n Moslem te word. Sy naam is verander in Nazir. Hy is in ’n vragvliegtuig Khartoem toe. Ná ’n ruk kon hy uit die Islamskool ontsnap Eritrea toe. Vele ontberings later, lang tye in tronke, is hy deur Ethiopië tot hier in Kenia.

En nou sit hy in sy oom se huis. “Wat is jou plan, waarheen gaan jy?” vra sy oom. Die seun kyk af na die botteltjie Coke in sy hand en lees die woorde Made in South Africa. Hy kyk op en sê vir sy oom: “Ek is op pad Suid-Afrika toe”.

Vandag is dr. Emmanuel Taban een van net tien swart pulmonoloë – longspesialiste – in Suid-Afrika. Jy hoor energie in sy stem, in sy Engels die sangerige ritme van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Swaar Boetes Wag Vir Dié Wat E-tol Ignoreer
Die regering wil die knyptang inlê om motoriste met enorme boetes en ander swaar strawwe te dwing om e-tol te betaal. Boetes vir ’n enkele rit kan duisende rande beloop en motoriste kan hul lisensies verloor. Die Gautengse e-tolstelsel het in Desembe
Rapport3 min read
Dis John Vs. Mbali (jy’s Nie Genooi Nie)
Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent
Rapport2 min read
Kontrakte Vir Pelle? Maak Dan ’n Wet!
Wetgewing moet verander sodat individue met politieke bande wat met die staat sake doen ook aan die pen kan ry. Dít is die pleidooi wat adv. Andy Mothibi, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), Dinsdag gerig het aan die parlement se staande ko

Related