Huisgenoot

SKURK VAN ’N GENIE

OM SESUUR op ’n koue, donker Dinsdagoggend in April 2015 ontmoet ’n halfdosyn polisiebeamptes in gewone klere, twee FBI-agente en twee aanklaers van die Amerikaanse departement van justisie mekaar by ’n McDonald’s op ’n verkeersirkel naby die Heathrow-lughawe in Londen.

Nadat hulle ’n laaste keer die plan weer nagegaan het, ry die groep na die voorstedelike strate van Hounslow, waar hulle stilhou buite ’n tweeverdieping-skakelhuis omring deur eenderse huise.

Binne is ’n slapende Navinder Singh Sarao, ’n 36-jarige met savantsindroom (’n buitengewone genialiteit in ’n spesifieke veld – in dié geval handel) salig onbewus van sy lot. Hy het $70 miljoen (sowat R840 miljoen) gemaak deur ’n sleutelbord en ’n muis te gebruik om blitsvinnig finansiële termynkontrakte te koop en te verkoop – so asof hy ’n rekenaarspeletjie speel.

Die Amerikaanse regering reken hy het ook die vinnigste en geheimsinnigste markineenstorting in die onlangse geskiedenis help teweegbring, die sogenaamde “Flash Crash” van 2010 toe markte wêreldwyd sonder waarskuwing getuimel en tydelik $1 biljoen se aandele uitgewis het.

Die Amerikaners het Navinder maande lank op ’n afstand gemonitor, sy e-pos gelees, sy bates opgespoor en onderhoude met sy medewerkers gevoer. Maar geen van die ondersoekbeamptes het hom in daardie stadium al ontmoet nie, en hy bly ietwat van ’n raaisel.

Hulle weet wel hy verhandel alleen aandele vanuit sy ouerhuis en spog daarmee dat hy ’n vreemdeling vir Wall Street is. Maar rekords wys hy koop gereeld meer aandele as die wêreld se grootste banke en verskansingsfondse.

Hulle het al stories gehoor dat Navinder personeel by die Chicago Mercantile Exchange, die elektroniese mark waar hy handel dryf, geteister het: Hy het glo gedreig om een werknemer se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related