Weg! Ry & Sleep

Katvoet deur die Baviaans

Met sy slegte paaie, steil passe, vlak waterbruggies en diep waterkruisings is dit verstaanbaar dat jy nie met ’n gewone sedanvoertuig in die wildernisgebied van die Baviaanskloof toegelaat word nie.

Daar was egter nie rede tot kommer toe ’n klomp Kaapse vriende besluit om die gebied te besoek nie. Twee van hulle, Christo Muller en Pierre Wepener, het elkeen met ’n Fortuner gery; Jan van der Westhuizen was in sy Subaru Forester; en Barry van der Berg in ’n Kia Sorento. Dit was net Barry wat effens bekommerd was oor die reis, hoofsaaklik omdat sy Kia nie juis bekend is vir hoe hoog hy in sy sokkies staan nie. Boonop het hy gehoor ’n onlangse oorstroming het tot groot skade gelei in die Baviaans.

Die manne met die Fortuners het net hulle kop geskud, gelag en Barry die versekering gegee dat hy nie rede tot kommer het nie. Blykbaar is Toyotas gewoond daaraan om Sorento’s (en Land Rovers) uit enige penarie te red.

Vir die toer sou Barry en sy vrou, Georgene, hulle Sherpa Tiny Rough Roader sleep wat hulle Tenzing gedoop het – na die sherpa Tenzing Norgay wat saam met sir Edmund Hillary die eerste was wat Everest

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
Verrassings Langs’n Grondpad
Die N8-deurpad tussen Kimberley en Bloemfontein laat die wêreld vinnig verbyflits, maar ry gerus eendag die Koffiefonteinpad oor nedersettings soos Oppermansdorp en ’n staalbrug oor die boloop van die Kalkfonteindam. Jy gaan dit aansienlik meer genie
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gaan Leer By Europa
Die Europese Woonwavereniging, bestaande uit 15 lidlande, het in 2020 by die 6 miljoen kampvoertuie op sy boeke gehad. Die meeste van hierdie 3,5 miljoen woonwaens en 2,4 miljoen ryhuise is in Wes-Europa geregistreer, in lande soos Duitsland, Frankry
Weg: Ry & Sleep2 min read
Eenvoud Wen
Toyota het sy IMV 0-konsepvoertuig in Desember 2022 bekend gestel, en op daardie geleentheid het Akio Toyoda, Toyota se huidige voorsitter en kleinkind van Toyota-motors se stigter, Kiichiro Toyoda, gesê hierdie bakkie is die vergestalting van Toyota

Related Books & Audiobooks