Rapport

Watter strategie is beste vir SA?

Dit is ’n gemeenplase dat Suid-Afrika lesse moet leer uit die manier waarop die Covid-19-pandemie in die res van die wêreld hanteer word.

Die groot vraag is egter watter lesse is daar wat geleer moet word. En leer ons die regte lesse? En is daar net een regte antwoord?

Sover ek kan sien, is daar op die oomblik breedweg drie strategieë wat wêreldwyd gevolg word om die katastrofiese verspreiding van die virus te bekamp. Van hulle kan natuurlik in kombinasie toegepas word. Hulle is:

■ Om soveel moontlik van die bevolking te toets vir die virus.

■ Inperkingsmaatreëls wat die vrye beweging van die bevolking dramaties in-perk om die verspreiding van die virus onder die bevolking te bekamp; en

■ Om die bevolking toe te laat om groepsweerstand te ontwikkel, met ander woorde laat soveel mense as moontlik toe om die siekte op te doen in die hoop dat die infeksiekoers sal afplat omdat die moontlike gashere vir die virus minder word.

Die vraag is egter wat die beste roete of kombinasie van strategieë is. Die antwoord is natuurlik kritiek noodsaaklik vir Suid-Afrika met sy groot getal MIV-vigsen tuberkulosegevalle.

Die beste voorbeeld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport4 min read
Fopnuus Fnuik Hulp Aan Boere
Fopnuus oor vragmotors met noodvoer aan boere in brandgeteisterde distrikte wat kwansuis deur brandstigters geteiken word, is besig om broodnodige hulp aan dié gebiede te beduiwel. Landbouleiers sê die video’s, foto’s en boodskappe doen geweldig skad
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
Dis John Vs. Mbali (jy’s Nie Genooi Nie)
Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent

Related