Vrouekeur

ROELOF vang die lig vas

Impressionisme is die geboorte van lig in ’n skildery, het die Franse kunstenaar Robert Delaunay eens op ’n tyd gesê. Met Delaunay se woorde in gedagte, verstaan jy beter wat Roelof Rossouw bedoel wanneer hy verduidelik dat lig die ding is wat hom aanpor om te skilder.

Hy beskou homself as ’n skilder van lig en skaduwee en sal byna nooit ’n toneel skilder waarin daar nie ’n bietjie sonlig is nie. Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hom nog altyd geïnspireer het, is mense soos Pieter Hugo Naudé, Pierneef, Gregoire Boonzaier en Adriaan Boshoff.

Roelof se pad om te kom tot waar hy vandag ’n gerekende impressionistiese skilder is, het baie kinkels en draaie gehad. Kleintyd al het hy begin om vliegtuie te teken. Hy het in Benoni grootgeword en een van die plekke waarheen sy ouers hom gereeld geneem het, was na die lughawe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Blokraaie
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3 kassie die letters BRANDSTOF bevat. Dis al wat jy moet doen! Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Om uit te vind wat SUDOKU is, gaan kyk na http://en.wikipedia.org/wiki/S
Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur3 min read
Vra Vir Dr HERMANN
Ek het twee tienerdogters. Een is hipernetjies en perfeksionisties en die ander een is al die jare ’n regte slonskous. Alles tuimel uit haar kaste, skoon en vuil is deurmekaar en as jy die kamerdeur oopmaak, sien jy nie eens die bed nie. Praat, omkoo

Related