Weg!

Dis tyd vir huis kry...

Malawi is ’n vreedsame land met vriendelike mense. Die Malawimeer wat stil en blou oor die landskap uitstrek, laat ’n rustigheid oor ’n mens neerdaal terwyl jy deur die platteland ry. Dis November en snikwarm. Gelukkig het dinge by die Songwe-grenspos tussen Tanzanië na Malawi vlot verloop en ek was weer eens dankbaar vir die Carnet de Passage vir die Hilux.

Tans reis ek alleen (Marie het ’n paar dae gelede uit Selous, Tanzanië, na Johannesburg gevlieg vir sake) en die kampplek by Nkhatabaai se Sunga Moyo Campsite and Lodge is ’n lekker verrassing: Welige groen gras en groot bome wat in 36 ºC skadu bied. ’n Paar oorlandkampeerders vertel my hulle bly dreig om te waai, maar kom nie sover nie. Ek bly ’n volle vyf dae oor.

Ek en Marie was al ’n paar keer vantevore in Malawi, en daarom mik ek ná my kort verposing by Sunga Moyo suid om haar by die lughawe in Lilongwe op te tel en aan te stoot Zambië toe, om die Suid-Luangwa- nasionale park te besoek. Die rit Lilongwe toe is maar 375 km lank, maar dit neem my 6 uitputtende uur; die Hilux se remkussings het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related