Baba & Kleuter

WAT PEDIATERS WIL HÊ JY MOET WEET

Jong pasiëntjies kan dikwels nog nie praat nie en dié wat kan praat, is baie keer onseker wanneer hulle by die pediater se deur instap. En anders as ander dokters moet pediaters nie net met hul pasiënte kan werk nie, maar ook met die kleingoed se ma en pa. Jy kan dit egter vir jou pediater – én vir jou – makliker maak. Hier is wenke uit die perd se bek wat dié belangrike verhouding sal laat blom.

DIE PEDIATERS VERTEL

DIE DOKTER IS GAAF

Dr. Willem Smit, ’n pediater in die noordelike voorstede van Kaapstad, sê ouers moet nooit hul kinders met die dokter dreig of voor die afspraak vir hulle vertel die dokter gaan hulle inspuit nie.

“Moet veral nie vir hulle sê ‘die dokter gaan raas as jy nie stilsit nie’! Dis baie moeilik om ’n kind te ondersoek wat vir jou bang is.”

Sy praktiese raad is dat jy jou kind op jou skoot hou met sy gesig na die dokter toe. Dis byna onmoontlik om kinders te ondersoek wat met hul rug na die dokter gekeer is.

Willem vermoed ook baie ouers sê vooraf vir hul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter1 min read
As ’n Soentjie Nie Genoeg Is Nie
Nuwe ouers se leerkurwe is enorm! My kinders is byna oud genoeg om die nessie te verlaat, maar die kurwe plat nog steeds nie af nie. Ek sal seker maar altyd oor hulle gesondheid en veiligheid bekommerd wees, veral noudat hulle begin bestuur het. Dit
Baba & Kleuter1 min read
Inkopies Vir Baba
As jy in die mark is vir ’n nuwe kinderoppasser en jy weet nie waar om te begin nie, is hierdie boek ’n moet. Lara Schoenfeld is op ’n missie om werkende ouers en kinderoppassers te help om saam te werk sodat die kleingoed gelukkig en gestimuleer bly
Baba & Kleuter3 min read
Diereveiligheid
Honde verstaan nie dat dit verkeerd is om mense te byt nie. Honde byt dikwels wanneer hulle bang is of hulself probeer beskerm. Om te keer dat ’n hond ons byt, moet ons almal verstaan: ■ Hoe ’n hond voel. ■ Hoe om bekende en vreemde honde te nader. ■

Related Books & Audiobooks