Weg! Ry & Sleep

6 Sirkelroete na parke

Die winter was amper verby en dit was tyd dat die Kleinhanse se woonwa weer oefening kry. Hoewel hulle ’n rukkie vantevore vyf dae lank by die ATKV-Klein-Kariba afgesaal het, is Theo en Ester nie wat hulle noem “staantoeriste” nie. Nee, hulle verkies dit om te reis en raak kriewelrig as hulle te lank op een plek is. Hulle is mense wat al meer as 60 keer hulle wa gehaak en in die pad geval het, en op die oomblik sleep hulle ’n Sprite Sprint met hulle Nissan X-Trail. Theo vertel dis ’n gemaklike sleepkombinasie waarmee hulle al reg oor Suid-Afrika én Namibië gery het. Die tyd was ryp om weer die pad te vat.

Mik na Mokala

“Vir ons volgende avontuur besluit ons op ’n sirkelroete in die middel van Suid-Afrika waar ons ses van die nasionale parke besoek. Ons wil drie nagte elk in die Mokala-, Karoo-, Kamdeboo-, Addo-, Bergkwagga- en Golden Gatenasionale park deurbring.

Weens die lang afstande en ons kampvoorkeure besluit ons om die eerste nag by Bloemfontein oor te staan en vir die besoek aan Mokala eerder buite die park te bly. Ons soek ook ’n halfwegstasie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep3 min read
Stellantis slaan ’n 6
In hierdie uitgawe wyk ons af van die gewone ry-indrukformaat omdat ons by een geleentheid verskeie voertuie getoets het. Dit dien ook sommer as ’n kykie agter die skerms op wat dikwels by voertuigbekendstellings gebeur. Maar kom ons begin by die beg
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related