Weg!

Hou op ginnegaap, Goegap wag!

Die meeste mense gaan na ’n Proteakrieketwedstryd om vir Kagiso Rabada of David Miller te sien. Maar dis dikwels ’n speler soos Andile Phehlukwayo wat met ’n bedeesde boulaanval ’n gevaarlike kolwer uitboul en die wedstryd wen. Tog hoor jy selde Andile se naam in gesprekke.

Die Goegap-natuurreservaat is soos Andile. Hoe moet die klein provinsiale reservaat meeding met die Krugers en Kgalagadi’s van Suid-Afrika?

Dalk neem mense die reservaat nie ernstig op nie omdat dit so knus teen ’n dorp lê. Die ingangshek is net 15 km suidoos van Springbok. Of dalk reken mense teen 150 km² is dit te klein om ’n wildernisgevoel te hê.

Die ander ding is dat dit in Namakwaland lê en dan dink mense mos net aan blomme. As hier nie blomme is nie, hou hulle verby na bekender en gewilder bestemmings soos die Richtersveld of Namibië.

Eintlik maak Goegap se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related