Weg!

Nie vir gewoontediere nie

1 Stap tussen die diere

Te voet. Net soos die renosters, sebras en sekretarisvoëls. En die goggas en geitjies. Die beste manier om die Kruger te leer ken is om deur die veld te stap – dae lank aaneen. Só voel jy die droë grasse teen jou bene piets en rus jy in die middel van die dag in die skaduwee van bome. Kyk maar, die diere doen dieselfde oor die middaguur.

Jy raak vertroud met die golwing van die landskap, die loop van die riviere, soms drink jy water uit skepgate wat olifante uitgedolwe het in rivierbeddings. Jy stap saam met twee gidse, dra alles wat jy nodig het en oornag in die veld.

Waarskynlik dié grootste stap-avontuur wat jy in die park kan beleef, is die Kruger Trail. Die roete strek van Pafuri aan die bopunt van die park tot by die Malelane-ruskamp in die suide – ’n yslike 650 km! Toemaar, jy stap dit nie in een skof nie, maar in ses skofte oor drie jaar. Dié roete is eksklusief en verg beplanning en toewyding. ’n Skof vat ses dae (vyf nagte) om te voltooi – sien kassie hiernaas.

Die rugsakroetes (Mphongolo-, Lonely Bull- en) is soortgelyk aan ’n Kruger Trail-skof, maar strek oor net vier dae en drie nagte (vanaf R3 100 p.p.).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related