Weg!

MPUMALANGA

KRUGERWILDTUIN

Geen ander wildernisgebied in Afrika is so toeganklik soos die Kruger nie. Die paaie is in ’n goeie toestand en jy kan kamp, in ’n basiese eenheid bly of die park buite seisoen besoek sonder om ’n plaas se geld uit te gee. Hier is óral diere en die park is lekker wild.

DOEN DÍT Jy kan by die meeste van die kampe in die oggend saam met ’n gids in die veld gaan stap. R630p.p.

Bewaringstarief R110p.p.; R55 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Die blyplekke en pryse verskil van kamp tot kamp, maar hierdie tariewe is die laagste wat jy tydens vanjaar se spitsseisoen in die park kan kry.

Die hoofruskampe is Berg-en-Dal, Krokodilbrug, Letaba, Onder-Sabie, Mopani, Olifants, Orpen, Pretoriuskop, Punda Maria, Satara, Shingwedzi en Skukuza. Kamp (met krag) vanaf R340p.n. vir 2 mense; R100p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Hutte vanaf R520p.n. vir 2 mense. Safaritente vanaf R775p.n. vir 2 mense. Bungalows vanaf R1235p.n. vir 2 mense. Kothuise vanaf R1755p.n. vir 2 mense. Gesinschalets vanaf R2875p.n. vir 4 mense. Gastehuise vanaf R6210p.n. vir 6 mense.

Die satellietkampe is Balule, Malelane, Maroela en Tamboti.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related