Weg!

MPUMALANGA

KRUGERWILDTUIN

Geen ander wildernisgebied in Afrika is so toeganklik soos die Kruger nie. Die paaie is in ’n goeie toestand en jy kan kamp, in ’n basiese eenheid bly of die park buite seisoen besoek sonder om ’n plaas se geld uit te gee. Hier is óral diere en die park is lekker wild.

DOEN DÍT Jy kan by die meeste van die kampe in die oggend saam met ’n gids in die veld gaan stap – R650 p.p. (Sien ook die artikel op bl. 70 oor ander wilde Kruger-doendinge.)

Bewaringstarief R115 p.p.; R57 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Die blyplekke en pryse verskil van kamp tot kamp, maar hierdie tariewe is die laagste wat jy tydens vanjaar se spitsseisoen in die park kan kry.

Die hoofruskampe is Berg-en-Dal, Krokodilbrug, Letaba, Onder-Sabie, Mopani, Olifants, Orpen, Pretoriuskop, Punda Maria, Satara, Shingwedzi en Skukuza. Kamp (met krag) vanaf R410 p.n. vir 2 mense; R104 p.p. ekstra; R52 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Hutte vanaf R540 p.n. vir 2 mense. Safaritente vanaf R800 p.n. vir 2 mense. Bungalows vanaf R1 290 p.n. vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related