Vrouekeur

VROU van STAAL en FLUWEEL

Lente Roode is ’n legende in plaaslike en internasionale bewaringskringe en sy is ewe tuis in die Afrika-bos as in Europa.

Die Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC) wat Lente aanvanklik in 1989 as ’n jagluiperdteelprojek tot stand gebring het, is vandag toonaangewend op die gebied van die bewaring en rehabilitasie van ’n verskeidenheid skaars en bedreigde wildspesies. Die sentrum is wêreldwyd bekend en word selfs deur lede van die Britse koningshuis ondersteun.

Ek het die voorreg om met Lente in die blommetjiesitkamer van haar elegante huis in Pretoria oor ’n gedeelde passie te gesels. Ons is albei hartstogtelik teen die onwettige jag van renosters gekant.

“Ek kyk gisteraand die volmaan so,” sê sy peinsend, “en ek kan maar net bid.”

’n Jagtersmaan. Dié het ek self gesien. Renosterstropers hou van volmaanaande.

“En die tragiese waarheid,” vertel sy kopskuddend, “is dat lewendige renosters feitlik geen finansiële waarde het nie.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur1 min read
PAK DIT in Jou Trollie
Fair Cape Dairies se heerlike nageregreeks word van vars vrugte gemaak en is hormoonvry. Kies uit koejawel, gemengde bessies of gestoofde vrugte met ’n lagie vla en witsjokolademousse, R9,99 elk. www.faircape.com *Pryse onderhewig aan verandering Pho
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton

Related Books & Audiobooks