Landbouweekblad

Briewe

Net nóg vae beloftes oor plaasaanvalle

Terwyl plaasaanvalle en -moorde oor dekades ’n groeiende bloedspoor op die Suid-Afrikaanse landskap laat, en selfs die buiteland toenemend daarvan kennis neem, is daar net meer vae beloftes van die ANC-regering oor optrede om dit te voorkom.

Die VF Plus het adj.pres. Paul Mashatile in die nasionale raad van provinsies (NRP) daarop gewys dat die organisasie Human Rights Watch oor die voorkoms van plaasaanvalle sedert 1994 noem daar is ’n sigbare gebrek aan regeringsoptrede hieroor.

Luidens statistieke van TLU SA was daar in Januarie vanjaar landwyd 18 aanvalle en 2 moorde, in Februarie 15 aanvalle en 2 moorde, in Maart 17 aanvalle en 4 moorde, in April 8 aanvalle en 6 moorde, in Mei 9 aanvalle en 2 moorde, in Junie 12 aanvalle en 10 moorde, en in Julie 15 aanvalle en 4 moorde. Tot 26 Augustus was daar 10 aanvalle en 2 moorde.

Dit is ’n totaal van 104 aanvalle en 32 moorde, en die slagoffers is wit en swart. Hierdie syfers, al is dit hoe skokkend, vertel boonop nie die volle verhaal van die gevoellose wreedheid wat met die aanvalle gepaard gaan nie. Mense word ure lank gemartel en onder meer met warm kookolie en strykysters gebrand. Dit is deel van die tragedie.

Die VF Plus wou van Mashatile weet watter optrede in plek gestel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad5 min read
Droëbone Vasgevang Tussen Twee Vure
Droëbone is waarskynlik die gewas wat as proteïenbron vir menslike gebruik die beste waarde vir geld bied. Die produsenteprys is ook baie hoog en sommige boere het die afgelope seisoen tot R35 000 per ton gekry. Hoekom word die gewas dan nie op grote
Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd

Related