Vrouekeur

TERUG SKOOL TOE

Die lang vakansie is uiteindelik verby. Is die tasse gepak en die skooluniforms reg?

Die manier hoe jy oor die komende skooljaar praat, maak volgens kenners ’n groot verskil en ouers moet met opgewondenheid daaroor praat om dieselfde gevoel by hul kinders aan te wakker.

Volgens navorsing deur die Nasionale Sentrum vir Biotegnologiese Inligting (NCBI) in Amerika word negatiwiteit gou na ander mense verplaas. Hulle het ’n duidelike verband tussen taal, persepsie en aksie getoon. Ons gee nog wenke om die kwartaal positief aan te pak.

EERSTE KEER SKOOL TOE

Mareta Cornelissen, ’n arbeidsterapeut, en Carina Sweeney, die eienaar van Manna-kindersorg-en-stimulasie-sentrum op Bronkhorstspruit, deel die volgende wenke:

▸ Vat jou kinders saam as julle skooltasse of rugsakke gaan koop. Maak ook so met die ander benodigdhede soos kosblikke of waterbottels. Laat jou kinders hand bysit met die merk van die skoolbenodigdhede en wys vir kleiner kinders hoe als gemerk word.▸ Plak ’n kalender iewers op waar almal▸ Doen moeite om vir jou kinders ’n ▸ huiswerkhoekie tuis in te rig. Elke kind moet ’n eie plekkie hê. As jy self jou kinders met huiswerk help, sit langs en nie oorkant hulle nie▸ Neem foto’s of wys foto’s van die nuwe skool en vertel vir jou kinders hoe dit daar werk en hoe die op- en aflaai gaan verloop.▸ Laerskoolkinders moet hul ouers se telefoonnommers en adres ken voor hulle skool toe gaan en hul eie skoenveters kan vasmaak.▸ Gesels die oggend van die eerste skooldag in die motor weer oor wat jou kinders als by die skool kan verwag: “Mamma gaan jou nou aflaai, dan gaan jy lekker leer en speel, dan gaan Mamma jou ná middagete kom haal.” Wees altyd betyds by die skool.▸ Groet altyd jou kinders, al huil hulle. Sê: “Mamma gaan nou ry, ek sal jou weer kom haal.” Moenie dat hulle sien as jy self huil nie. Moenie rondhang nie. Kinders hou gou op met huil, maar as jy daar rondhang, verleng jy die aanpassingsproses.“Drop, greet and go”.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Sudoku 14
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3- kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen! G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logi
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur1 min read
Fotoblokraai
Voltooi die blokraai en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Leidraad: Lewendige, opgewekte dansklanke OPLOSSING – Opskopmusiek

Related