Baba & Kleuter

SLYP VIR OULAAS VOOR SKOOL

Jy bou reeds sedert jou kind se geboorte aan die belangrike onderliggende vaardighede vir haar skoolgereedheid en nou wag dié groot mylpaal net ’n paar maande in die toekoms. Jy kan nie ’n hele ses jaar se werk in die volgende twee maande indruk nie, maar jy kan wel ’n bietjie “afrondingswerk” doen om haar te help, veral omdat 2020 wat skool betref so ’n deurmekaar jaar was.

Jy hoef nie jou kind nou verwoed te dril om alles te ken nie –so skrik jy haar dalk permanent van skool af! – maar jy kan speel-speel die bestaande vaardighede waaraan die graad O-juffrou gewerk het, beter vaslê sodat sy haar eerste ware laerskooljaar met selfvertroue kan binnegaan.

LEWENSVAARDIGHEDE

■ Skerp weer basiese goeie maniere by jou kind in. Dit sal vir haar baie deure oopmaak by onderwysers en maats.

■ Oefen sosiale en konflikhanteringsvaardighede en hoe om te deel om te verseker dat sy haar op die speelgrond kan handhaaf sonder om in ’n boelie of slagoffer te ontaard.

■ Speel balspeletjies met haar en doen moeite om groot motoriese vaardighede te ontwikkel. Laasgenoemde is uiters belangrik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter1 min read
Mooie Afrika!
KOOP NOU Unicorn Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU Whimsical Crescent Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU Kubus-rak vanaf R2 249, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NO
Baba & Kleuter6 min read
Woeker Met Wiskunde
Die syfertjies en bewerkings spring oormekaar en deurmekaar as jy daarna kyk; sin, cos en tan klink vir jou soos Chinese neefs; en die woord algebra is genoeg om jou ’n hol kol op die maag te gee. As wiskunde jou ongemaklik laat voel omdat jy jare la
Baba & Kleuter3 min read
Piepsprobleem
E-pos jou vrae na SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. V My kind is nou drie en ’n half jaar oud. Ons is nou al ’n paar maande lank met potjielesse besig, maar kom nie juis êrens nie. Ek raak nou bekommerd,

Related