MY TWEESNYDENDE SKALPEL
‘TOE ek destyds ’n mediese student in my derdejaar was, het ek ’n loopbaan in die snykunde begin oorweeg. Ek kan nie sê enige aardskuddende openbaring het my daarop laat besluit nie. Ek het gehou van die intensiteit, die idee dat jy baie hard moes oefen, maar ook dat jy eindelik ’n werklik besonderse vaardigheid sou hê om mense te kan oopmaak en dinge reg te maak.
Ek het gedink snykunde is dapper.
Vir my het dit soos ’n roeping gevoel – al is dit een wat uiterse toewyding en ’n oorweldigende verantwoordelikheid behels: om iemand se lewe in jou hande te neem en verantwoordelikheid te aanvaar vir wat volgende gebeur. Dit het bedwelmend, amper goddelik, gevoel.
Nou, meer as twee dekades ná mediese skool, voel ek nog dieselfde.
Ek het duisende, nee, miljoene besluite – party groot, party klein, party reg, party verkeerd – oor pasiënte geneem, en feitlik almal het die een of ander uitwerking gehad. Die meeste van daardie besluite was reg, maar talle was verkeerd. Die meeste van my pasiënte het goed gevaar, en tog kan ek byna elkeen wat nié het nie nog helder onthou. Ek kan onthou hoe hulle gelyk het toe hulle gely of gesterf het, die desperate hartseer van hul families.
Al moet ons chirurge ons tydens operasies sterk hou, moet ons ook uitpluis hoe om komplikasies te hanteer. Om dit medies te bestuur is die maklike deel. Die uitdaging is hoe om dit emosioneel te hanteer.
Komplikasies is soos ’n swaar las op jou skouers en suig die vreugde uit jou lewe. Om
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days