Kuier

‘MY MA HET MY GELEER VAN MENSWEES’

VOORBLADSTORIE

Die duo is bekend op TikTok vir hul speelse video's.

Dis ‘n aangrypende prentjie: Die ouer vrou wat moeisaam beweeg terwyl haar celeb-dogter haar sorgsaam, tree vir tree aan die arm vorentoe lei. Elke nou en dan hoor jy ‘n “Is Mammie oraait?’’ tydens Kuier se voorbladsessie by die aktrise Jill Levenberg (46) se huis in Kaapstad.

Vandag neem ons juis kiekies hier omdat ma Carol (76) ál broser geword het – eers diabetes, nou ook beginstadiumdemensie. Maar Carol antwoord elke keer glimlaggend en gedwee met ‘n “ek is fine”.

Kyk jy vandag na dié twee se besonderse verhouding, sien jy ‘n onwrikbare ma-dogter-band. Maar dít was nie altyd só nie. ‘n Mens kan skaars glo dat daardie einste verhouding eens op ‘n tyd wankelrig en troebel was.

Maar nes die geliefde Mymoena Samsodien in die gewilde sepie Suidooster, draai Jill, nes Moena, ook nie doekies om nie. En vandag vertel sy ruimhartig hoe sy en haar ma uiteindelik by ‘n plek van vrede uitgekom het.

Die pad tot hier was vermoeidend. Knieë is deurgebid, die Here om genade gesmeek. Maar hier is hulle vandag. Vasgeanker ten spyte van stormsterkwinde – wat hulle nou lag-lag saam trotseer.

Intussen het Jill en Carol ook TikTok aan die gons met hul prettige en vrolike video's oor kosbare herinneringe, wat die followers soms lekker laat skaterlag. “Die meeste mense wat na ons TikToks kyk, sê hulle beny my verhouding met haar. Nou, net daar, wil ek sê: Ons verhouding was ook problematies. Ons was ook daar.”

Sy't besluit om die video's te maak saam met Carol om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Als oor spysvertering Dokter, ek sukkel die afgelope paar maande met sooibrand, hardlywigheid en krampe. Dokters vind geen kwale nie, maar een van hulle het genoem dié simptome kan moontlik die oorsaak wees van slegte spysvertering. Wat beteken dit,
Kuier2 min read
Boodskappe
“My ma het my geleer van menswees”, 9 Mei Ek het Jill (Levenberg) en haar ma op die Koortjies-program gesien en toe die fantastiese band tussen ma en dogter gesien, en hoe hulle ‘n mens lekker kan laat lag. Antie Carol het in daardie oomblik diep in
Kuier5 min read
Bye, Tim! Hi, Marco!
Die afgelope paar weke het die ding sommer behoorlik geruk in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosch. Wie sou ooit kon dink dat JPD se aantreklike en seepgladde argitek, Tim du Plooy, uiteindelik tot ‘n val sal kom? Dit was nog nooit ‘n geheim in die gel

Related