Landbouweekblad

Carnarvon se ysterman

Die groot bedreigings wat Karooboere die afgelope 20-30 jaar laat les opsê, het individuele boere as leiers laat opstaan en uitstaan. Hulle is jonk en entoesiasties en kyk anders na die wêreld as vorige geslagte.

As jy wil hoor wat in dele van die westelike Karoo gebeur of na iemand op soek is, WhatsApp jy vir Sybrand Venter van Trywell by Carnarvon. Hy sal weet omdat hy betrokke is, en jou na iemand kan verwys. Dit is omdat hy opreg belangstel en sy omgewing ’n beter plek wil maak.

Hy boer met dieselfde entoesiasme en is verbind tot beter produksie en wins. Benewens die jongooiklub wat hulle verlede jaar tot stand gebring het om te kyk watter soort wolskaap ekonomies gesproke die doeltreffendste vir die distrik is, het hy ’n radiofrekwensie-identifikasie- (RFID) bestuursprogram vir ál sy diere ingestel.

Hy boer met wit Dorpers en Dohne-Merino’s. Daar is ook nog ’n “handjie vol” Nguni’s van sy pa se eertydse stoetery oor. Hy hou hulle aan om die steekgras op die plaas te benut.

“Steekgras het net voedingswaarde as dit groen is, maar dan is alles groen en dig. Die skape vreet nie die steekgras nie, maar die beeste vreet dit en trap dit lekker in die grond in.”

Sy pa het in 2018 op een plaas na Dohne’s oorgeskakel en Sybrand is besig om die kudde op te gradeer en wolskape beter te verstaan.

“Daar is nog ’n bietjie baie variasie omdat die skape van verskillende boere af kom. Ons koop nou ons ramme

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad3 min read
Wetsontwerp Oor Klimaat Amper Op Wetboek
DIE wetsontwerp sal binnekort wet word wanneer pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken. “Klimaatsverandering is hier om te bly en ons het betreklik min tyd om daarop te reageer. Die wetsontwerp bemagtig ons om op die gepaste skaal en teen die regte spoe

Related Books & Audiobooks