Landbouweekblad

Skakel risiko’s uit — selfs in ’n ‘swak’ jaar

Graanboer van die Jaar

Danksy ’n gelukkige sameloop van omstandighede kon 2023 se Graanboer van die Jaar op die regte voet met graanboerdery begin. Toe Pieter de Jager in 2003 by Albertinia begin boer het, was bewaringsboerdery nie meer ’n vreemde konsep in die Wes-Kaap nie.

As hy wou gaan raad vra, was leierboere soos CD du Toit en wyle Fanie Joubert boonop nie ver van hom af nie.

In die beginjare van bewaringsboerdery was dit nogal ’n gesukkel om geskikte planters te kry, maar teen die tyd dat Pieter begin boer het, het Rinus Willemse van Xfarm op Albertinia reeds begin om die legendariese Ausplow-planters van Australië in te voer.

Die De Jagers was nie altyd saaiboere nie. Toe Pieter en sy broer, André, kinders was, het hulle min saaigrond gehad. Hulle het met volstruise, wolskape en dekriet op duinegrond suid van die N2 geboer.

“My pa was grootliks ’n veeboer. Ons het bitter min saaigrond gehad omdat Albertinia toe as ’n hoërisikogebied vir graan beskou is.”

Pieter het ná skool ’n diploma in landboubestuur en ’n BTech-graad by die Saasveldkampus van die voormalige PE Technikon (nou die Nelson Mandela-universiteit) op George verwerf.

Nadat hy ’n MTech-graad in kwartelproduksie verwerf het, het hy werk by ’n dieregesondheidsmaatskappy gekry, maar sy pa het nog ’n plaas gekoop en ander planne vir hom gehad.

Hoewel hy meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related