Kuier

‘N LEWE IN DIE SKADU'S

MY LEWE

Hoe lui die sêding? Agter elke suksesvolle man is daar ‘n vrou met ‘n breë glimlag en ‘n baie swaar juk. Met die skryf van een so ‘n vrou se lewensverhaal, lê sy haarself en haar persoonlike juk bloot in ‘n vertelling wat beide aangryp én empatie ontlok.

Haar verhaal deel hoe sy in die skaduwee van een van ons land se suksesvolste mans moes cope met ‘n ongediagnoseerde geestesstoornis, wat haar vir jare lank byna lamgelê het.

Dié vrou, Phoebe Gerwel, weduwee van ons eie geliefde intellektuele, akademiese en politieke reus, wyle prof. Jakes Gerwel, deel in haar nuwe biografie haar reis saam met hom – van jong verliefdes tot verlies, apartheid en sy nadraai, haar “moods” en sy meteoric rise in aansien as ‘n president se regterhand, en later. Dié biografie, Phoebe, ‘n lewe saam met Jakes Gerwel, takel die steeds gestigmateerde geestesstoornis bipolariteit met die droë eerlikheid waarmee Rachelle Greeff, self ‘n veelbekroonde skrywer, joernalis en dramaturg, Phoebe se storie meesterlik gepen het.

Rachelle vertel Phoebe (75) se storie met deernis én doelgerigtheid, want dit bring die boodskap van die vrou agter die man wat jare lank in stilte ge-suffer het voor sy – in ‘n tyd toe sulke dinge nie eens oor gepraat is nie – met bipolariteit gediagnoseer is.

RACHELLE, DIE MENS

Op ‘n koel middag in Maart vertel Rachelle (66) vir oor haar eie journey met Phoebe en die ontslape Jakes. Phoebe s'n is die storie van ‘n vrou van haar tyd – gelowig, gedienstig en ondergeskik. Maar in haar geval, met ‘n groot spotlight permanent op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
‘N Brief Aan My Kinders
RAAK WYS MET… Brenden Boys, ek skryf dié brief aan julle omdat dít wat ek wil sê belangrik is, en ek dit vir ewig wil opteken. Hierdie jaar is ons land 30 jaar onder ‘n sogenaamde demokratiese bestel. Met die eerste demokratiese verkiesing was ek sle
Kuier5 min read
Energie Van alle Kante!
Energie is die vermoë om werk te verrig. Dit kan ook beskou word as die krag wat beweging of handeling teweegbring. Ons sien die uitwerking van energie oral. Plante gebruik son-energie om te groei. Karre gebruik petrol (chemiese energie) om van die e
Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Kelly-Lee Ohlson, Enrico Claassen, Clyde Adams-Vister, Haidee Muller-Isaacs

Related