‘Klanke is eintlik vibrasies in die lug wat hoorbaar raak’
’GOED julle, kry nou vir julle elkeen ’n plek en sit jou mat daar neer,” sê Bibi en rol haar oefenmat versigtig uit.
“Biebs, ek dink jy moet asseblief eers vir ons wys hoe joga werk. Ek verstaan nie lekker hoe hierdie strekoefeninge werk nie,” sê Palawa die kameelperd.
Bibi strek een kant toe en leun dan vooroor. Sy lig haar arms so hoog sy kan bo haar kop.
“Liewe genugtig, Biebie, ek weet darem nie. Netnou strek ek my nek in ’n spasma in,” sê Palawa bekommerd. “Hierdie oefeninge is ’n perd van