Huisgenoot

DIE GROOT ONTSNAP

DIS NIE ONGEWOON DAT DIERE UIT DIERETUINE ONTSNAP NIE. MAAR SEWE SJIMPANSEES WAT TEGELYK ONTSNAP, IS ’N UNIEKE UITDAGING

DIS ’n ysige winteroggend in die dorpie Furuvik in Swede. Buite is dit −15 ºC, en selfs binne is dit so koud dat inwoners hulle in warm baadjies en hoede toewikkel.

Rickard Beldt, ’n dieretuinopsigter wat moet sorg vir die sjimpansees in die dorp se dieretuin, is in ’n vergadering oor gesondheid en veiligheid in ’n naburige stad toe sy foon lui.

Dis een van sy kollegas. Furuvik-dieretuin is net in die somer oop vir die publiek, maar op hierdie Desemberoggend is daar wel 35 mense op die perseel: ad-ministratiewe personeel, opsigters wat na die diere omsien en kontrakteurs wat die pretpark, bekend as Tivoli, opknap.

“Moenie vandag park toe kom nie,” sê sy aan Rickard.

Furuvik-dieretuin is die tuiste van sewe sjimpansees aangehou in hokke wat oor twee vlakke strek in ’n gebou wat die park “die aaphuis” noem. Die hokke is groen, bruin en geel gemerk en met hekke aan mekaar verbind. Vandag versorg twee van Rickard se kollegas, Lucas Eriksson* en Eva Lindgren*, die sjimpansees.

Vier uur tevore, teen die middaguur, het Lucas en Eva die hekke oopgesluit wat al die hokke met mekaar verbind sodat die sjimpansees vrylik kan beweeg. Die twee het deur ’n deur op die boonste verdieping van een van die hokke gegaan toe Lucas ’n vreemde gevoel kry. Bewaarders is veronderstel om dubbel seker te maak al die deure agter hulle is gesluit. Het hulle ooit daardie deur gesluit?

Toe hy opkyk, draai sy maag. Die deur op die boonste verdieping van die hok staan oop.

Hy hardloop met die trap op, maar dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related Books & Audiobooks