Huisgenoot

40 – EN NOG STEEDS MANJIFIEK

‘EK IS TROTS OP DIE MA WAT EK VIR MY KINDERS IS, DIE VROU WAT EK VIR MY MAN IS, EN DIE SAKEVROU WAT EK. GEWORD HET’

DESTYDS het die opskrif op Huisgenoot se voorblad haar mylpaal uitbasuin: “Mej. Manjifiek word mondig!”

Dit was haar eerste Huisgenoot-voorblad van haar eie, haar eerste as ons volwaardige voorbladster.

In daardie uitgawe van 10 Maart 2005 het Huisgenoot berig oor die model se glanspartytjie om haar 21ste verjaardag te vier. Daar was 600 mense by die makietie in ’n nagklub in Kaapstad, en dis gehou in dieselfde tyd toe sy haar eerste groot oorsese modelkontrak geteken het.

Haar loopbaan gaan blink wees, het Huisgenoot toe voorspel oor die Kaapse blondine wat op 15 die eerste keer op ons modeblaaie gepronk het. Ons het ook berig: “Eendag wil sy trou en kinders hê.”

En kyk nou net.

Dis 19 jaar en meer as 20 Huisgenoot-voorblaaie later, en ál haar drome van destyds het waar geword. Die loopbaan. Die gelukkige huwelik. Die kinders.

En vandeesweek vier ons weer ’n mylpaalverjaardag saam met een van ons gewildste voorbladsterre ooit.

Want Minki van der Westhuizen word 40, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot1 min read
Restoureer
Dit beteken om iets tot sy oorspronklike toestand te herstel. “Re-” is ’n voorvoegsel wat beteken om iets te herhaal, presies net soos “her-”. En “stauros” kom uit Grieks uit en beteken “paal”. Hoe op dees aarde die twee saam “herstel” beteken, sal n
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related