Huisgenoot

MEJ. SKOONHEID SE MINI-ME

DIT was nie wat sy vir haar kind gedroom het nie. Sy weet maar alte goed presies wat die eise van ’n lewe voor die kameras behels.

Kort ná haar dogtertjie se geboorte het sy destyds aan Huisgenoot gesê sy wil glad nie hê haar dogter moet eendag in haar voetspore as skoonheidskoningin volg nie. Sy het vertel in dié leefstyl val die klem gans te veel op hoe ’n mens lyk – alle oë is gedurig op jou privaat lewe.

“Maar dit lyk vir my die kind het toe uitgekom met ander planne,” sê Cindy Nell-Roberts (41) vandag met ’n glimlag.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou se spruit is op 10 nie net mooi soos haar ma nie, sy is ook mal oor als wat met mode, skoon-heid en glans te doen het.

Aenea het al op die ouder-dom van vyf in skoonheid begin belangstel, en is van-dag ’n kidfluencer met haar eie YouTube-kanaal, Aenea’s Amazing Adventures, wat op mode en skoonheid fokus. Die kanaal is deur haar modelma geïnspireer.

Op haar Instagram-en TikTok-blad kry enigeen ’n kykie in haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related